blog geskuif

ek kan nie onthou hoe dit gekom het dat my blog thinux geword het nie; maar ek het vandag eers ontdek dat ek meer as een blog op ‘n “account” kan hê; én ekkedink was nog beskikbaar op wordpress. 

so, nou skuif hierdie blog (thinux) na ekkedink, en thinux gaan ‘n blog word van die IT goeters waarmee ek van dag tot dag worstel; soos ITIL, Cobitt, XP, Vista, BSODs, Windows services, error messages, IE6, 7, 8, upgrade en downgrade, Windows 8 beta, linux en al die lekker dinge.  hierdie naam was in elk geval my linux naam wat ek dikwels gebruik het as ek linux installeer.

vir ek dink, daarom is ek (of is dit soms ek is, daarom dink ek :) ), gaan voortaan na ekkedink.wordpress.com, en verander julle “blog roll” dienooreenkomstig asb.

jammer vir die ongerief!

~ by ekkedink on Monday, 27 April 2009.

Leave a Reply